Die wyse waarop die Suid-Afrikaanse regering sy beleid van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) uitvoer, lei vir jare reeds tot ‘n uitvloei van noodsaaklike kundigheid uit die land.
Die VF Plus het die minister vir handel en nywerheid, Ebrahim Patel, vandag tydens sy voorlegging aan die portefeuljekomitee versoek om plaaslike kundigheid in te span om die departement se program vir ekonomiese groei te steun.
Suid-Afrika ondervind ‘n ernstige vaardigheidstekort te midde van uitdagende ekonomiese omstandighede terwyl talle Suid-Afrikaners wat nie deel is van die regering se aangewese groep nie, noodgedwonge in die buiteland moet gaan werk.
Ekonomiese transformasie kan alleen plaasvind indien die ekonomie groei, terwyl die huidige herverdeling van hulpbronne nie volhoubaar is nie en slegs ‘n herverdeling van armoede tot gevolg het.
Kontaknommer: 082 466 3786