fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-jeug in Gauteng stig sy eerste gehoorgestremde-jeugtak

Die VF Plus-jeug in Gauteng het gisteraand (26 Augustus) sy eerste amptelike gehoorgestremde-jeugtak in Pretoria gestig. Die nuwe lede is entoesiasties om deel te wees van die party en om die gemeenskap te dien.

Die groep van 14 jongmans en -vroue het deur middel van gebaretaal aan die vergadering deelgeneem en is weereens ‘n bewys van die VF Plus se beleid om minderheidsregte in Suid-Afrika te bevorder.

Die VF Plus-jeug, onder die voorsitterskap van Quintin Erasmus, het hulle hiermee opnuut tot die gemeenskap van blinde- en gehoorgestremdes verbind en onderneem om hul regte te bevorder.

Suid-Afrika het sowat 600 000 gehoorgestremdes wie se moedertaal Suid-Afrikaanse gebaretaal (SAGT) is en daarom is gebaretaal en braille net so belangrik soos enige ander gesproke taal.

‘n Paar interessante feite:
• Daar is sowat 40 skole vir dowes in Suid-Afrika.
• Sowat 90% van dowe kinders se ouers is nie gehoorgestremd nie.
• Slegs sowat 30% van spraak is op die lippe sigbaar.

Die nuwe tak het aangedui dat hy sou wou sien dat blindes met verkiesings stembriewe in braille ontvang om sodoende nie afhanklik te wees van beamptes van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) nie.

Die stigting van die party se eerste gehoorgestemde tak is ‘n bewys dat omstandighede buite ‘n persoon se beheer nie beteken dat hulle nie beheer oor hulle toekoms kan neem nie.

Die VF Plus-jeug sal voortgaan om ook in ander dorpe en stede ruimte te skep vir blinde en gehoorgestremdes.

Navrae: 079-224-7321

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.