fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom inhegtenisnemings na aanval op boer naby Potchefstroom

Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van sewe verdagtes vir die aanval op mnr. André Marais op sy plaas buite Potchefstroom vroeër die week.

Die VF Plus bedank die lede van die verskillende polisie-eenhede wat onverpoos saamgewerk het om die aanvallers vas te trek.

Hierdie samewerking tussen die polisiekantoor op Khutsong, die trio-taakspan, dwelm-eenheid en die plaaslike speurdiens, wys weer hoe suksesvol behoorlik gekoördineerde polisie-optrede is.

Die rol van gemeenskapslede wat die aanvanklike leidrade aan die polisie verskaf het, is ook van onskatbare waarde.

Hierdie soort optrede behoort die grondslag te vorm vir die polisie se landelike veiligheidsplan. Die VF Plus doen 'n beroep op die polisie om ook die spesialis-eenhede verder uit te bou en te versterk om te voorkom dat landelike gebiede in anargie en misdadigheid verval.

Navrae: 079 885 1135

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.