Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Merafong sê nee vir Marokko-besoek

Die VF Plus is gekant teen ʼn sogenaamde “verkennende besoek” van dertien raadslede en bestuurders van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) aan Marokko later vanjaar om inligting in te win oor sonenergie.

Volgens Merafong is die amptelike doel van dié besoek om ʼn moontlike vennootskap te ondersoek tussen die munisipaliteit en die Capricorn Energy en Gas-maatskappy vir die oprigting van ʼn sonkragplaas vir Merafong.

Dié sonkragplaas sal glo gebruik word vir die werking van straat- en verkeersligte.

Die afvaardiging na Marokko sal bestaan uit dertien raadslede en bestuurders wat insluit die burgemeester, onderburgemeester, speaker, hoofsweep, munisipale bestuurder, drie burgemeesterskomiteelede en verskeie hoofuitvoerende beamptes.

Die VF Plus is nie gekant teen die ontginning en gebruik van sonkrag as energiebron in die munisipaliteit nie, maar is van mening dat die munisipaliteit eerder by plaaslike maatskappye en mynhuise moet aanklop om hulp. Die kundigheid is wyd beskikbaar in Suid-Afrika.

ʼn Bekende mynmaatskappy het reeds ʼn gevestigde sonkragplaas in Merafong waarmee ʼn vennootskap aangegaan kan word.

Dit is ook nie nodig om so groot afvaardiging oorsee te stuur om ʼn moontlike vennootskap te ondersoek nie.

Die munisipaliteit het ʼn invorderingskoers van 45% en dienslewering val uitmekaar. Dit is van kardinale belang dat senior lede soos die burgemeester en munisipale bestuurder eerder tuisbly om die munisipaliteit se benarde situasie om te keer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.