Die VF Plus in Limpopo sal die provinsiale regering dwing om in gevolge wetgewing op te tree teen munisipaliteite in dié provinsie wat nie hul statutêre verpligtinge teenoor inwoners nakom nie.
Die VF Plus sal ook strafregtelike klagte indien teen munisipale amptenare wat hul wetlike verpligtinge versuim en gemeenskappe bystaan om op te staan teen swak dienslewering. Dit is tyd dat die kultuur van wanbestuur in munisipaliteite tot ‘n einde kom.
Gemeenskappe het genoeg gehad van munisipale mislukkings soos slaggate, rommel en riool wat besoedeling van waterbronne veroorsaak en swak elektrisiteits- en watertoevoer weens die agteruitgang van infrastruktuur, om net ‘n paar te noem.
‘n Rare uitsondering is die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit (Nylstroom, Naboomspruit, Vaalwater) wat op 29 Januarie vanjaar drie amptenare ontslaan het ná 'n tugproses waarin hulle skuldig bevind is aan wangedrag.
Aan die anderkant het die provinsiale ANC dit goedgedink om die burgemeester van die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane/Potgietersrus), Andrina Matsemela, te herroep, maar het haar herontplooi na buite die munisipaliteit.
Die herontplooiing van ANC-kaders van een munisipaliteit na ‘n ander is een van die groot redes vir die verval van munisipaliteite.
Die VF Plus moedig moedelose inwoners aan om van die plaaslike regeringsverkiesing later vanjaar gebruik te maak om hul misnoeë met die toedrag van sake uit te spreek deur die ANC en sy mislukte beleid van kaderontplooiing by die stembus te straf.
Navrae: 066 024 4623