Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC-faksiegevegte lê dienslewering in Matlosana lam

Dit is tragies dat die nasionale ANC-regering toelaat dat een van die spilpunte van ekonomiese welvaart en groei in die Noordwes-provinsie verval weens sy onversetlike beleid van kaderontplooiing sonder om die behoeftes van plaaslike gemeenskappe in ag te neem.

Dit is duidelik dat die voortdurende faksiegevegte in die ANC nou ook plaaslike ekonomieë en gemeenskappe tot op die rand van die afgrond dryf.

‘n Behoorlik gekonstitueerde raadsvergadering van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney, Stilfontein) het gister weereens in chaos verval weens die optrede van die speaker, Washington Ntozini, en sy klaarblyklike meelopers.

Die speaker het, ten spyte daarvan dat daar ‘n behoorlike kworum in die raad was en die agenda reeds vasgestel was, die vergadering eensydig verdaag en geen bespreking of stemming oor die agendapunte toegelaat nie.

Die raadsvergadering is spesifiek belê om ‘n nuwe burgemeester te verkies nadat die vorige burgemeester, Maeto Kgaile, in September 2020 bedank het en om ‘n mosie van wantroue in die speaker van die raad in te stel.

Dit blyk dat Kgaile haarself op 11 Januarie 2021 weer onregmatig aangestel het as burgemeester met die volle medewete van die speaker en die uitvoerende bestuur van die munisipaliteit.

Sy vervul sedertdien weer die rol van burgemeester met al die regte en voorregte daaraan verbonde. Sulke blatante ongerymdhede vind plaas met die medewete van haar ANC-kollegas en die uitvoerende bestuur van die munisipaliteit.

Beide Kgaile en Ntozini is bekend vir hul aktiewe rol in ANC-faksiegevegte in Matlosana.

Dit is duidelik uit hierdie optrede van die ANC se leiers in die gebied dat hulle geen belang het in die nood of behoeftes in hul gemeenskap nie, maar slegs toegespits is op selfverryking en politieke oorlewing.

Die VF Plus sal voortgaan om hierdie tipe optrede wat plaaslike gemeenskappe vernietig, op alle vlakke te bestry.

Die VF Plus moedig gemeenskappe ook aan om hierdie magsvergrype en misbruik van openbare posisies deur ANC-ontplooides uit te wys en te verseker dat hulle in die komende verkiesings nie weer verkies word nie.

Navrae: 076 022 7196

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.