Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Hendrina speel kernrol in geveg teen kabeldiefstal

Die VF Plus vervul ‘n kernrol in die bekamping van kabeldiefstal in Hendrina in die Steve Tshwete-plaaslike munisipaliteit (Hendrina, Middelburg, Pullens Hope, Rietkuil).

Sedert die aanvang van ‘n VF Plus-patrolliegroep in Maart 2023, was daar nog nie ‘n enkele voorval van kabeldiefstal in die dorp nie. Algemene inbraak en diefstal het ook skerp gedaal in die dorpsgebiede waar die patrollies gery word.

Daar het reeds 80 plaaslike gemeenskapslede, wat vroue en kinders insluit, by die patrollies aangesluit. ʼn Vloot van 45 voertuie is reeds opgebou.

Die lede gebruik die mini- en hoofsubstasies sowel as die watersuiweringsaanleg as die fokuspunt van hul roetes.

Tot op hede is geen substasie of kragboks gevandaliseer nie. Daar is ook geen nuwe kabels oopgegrawe en gesteel tydens die afgelope twee maande nie.

Die sukses van die patrollies en die voorkoming van kabeldiefstal is te wyte aan die suksesvolle samewerking tussen die VF Plus en die gemeenskapslede.

Dit dien as bewys dat mense kan saamstaan en positief kan saamwerk om hulle gemeenskappe veiliger en meer leefbaar te maak.

Die VF Plus betuig sy besondere dank aan die Hendrina-inwoners.

Die VF Plus sal sy rol bly vervul tot voordeel van sy inwoners se veiligheid en gemak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.