Varke wat vrylik by die Heidelberg stortingsterrein in die Hessequa-munisipaliteit rondloop, stel die plaaslike landbousektor aan ’n ernstige biosekuriteitsrisiko bloot en dit moet stopgesit word.
Die gevaar is veral groot in die lig van ‘n ernstige veesiekte soos bek-en-klouseer (BKS).
Varke wat besmette voedselafval vreet kan, indien hulle besmet raak, groot hoeveelhede van die virus in die omgewing versprei.
Onbeheerde toegang tot afval skep ’n wesenlike bedreiging vir omliggende boere en hul vee, met die potensiaal vir groot finansiële verliese.
Amanda Lai, VF Plus-kandidaat vir Hessequa-wyk 9, het reeds met die munisipaliteit se departement vir gemeenskapsdienste in verbinding getree om die gemeenskap se kommer te deel.
Lai het beklemtoon dat die beskerming van die boeregemeenskap proaktiewe optrede en streng biosekuriteitsmaatreëls vereis.
Die munisipaliteit moet die stortingsterrein dringend beveilig en verseker dat vee nie toegang tot afval kry nie.


