Die VF Plus het met kommer kennis geneem van die uitbreek van bek-en-klouseer by Karan Beef in Heidelberg.
Karan Beef is een van dié dorp se grootste werkverskaffers en bydraer tot die plaaslike ekonomie.
Baie plaaslike boere en veral kleinboere lewer ook vee aan Karan Beef.
Tans word 120 000 beeste by die voerkraal gehuisves waarvan net 2% van besmet is met bek-en-klouseer.
Die produsent het op sy facebookblad aangekondig dat hy verbind bly tot deursigtigheid, die nakoming en handhawing van die hoogste standaarde betreffende diergesondheid en -welsyn. Geen nuwe diere sal gedurende die krisis aangekoop word nie.
Die VF Plus het nog altyd net die grootste respek vir Karan Beef se bydrae tot die plaaslike ekonomie en veral sy betrokkenheid by gemeenskapsprojekte om minderbevoorregtes by te staan.
Die party hoop dat die krisis spoedig opgelos kan word tot voordeel van almal in Heidelberg wat daardeur geraak word.