Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sale van Universitas-hospitaal gesluit weens onhigiëniese en onveilige toestande

Dit het onder die aandag van die VF Plus gekom dat die Vrystaatse departement van arbeid Saal 9 en 10 van die Universitas-hospitaal gesluit het ná klagtes van onhigiëniese en onveilige toestande.

Die VF Plus het dadelik die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Viceroy Mahlatsi, gevra om dringend stappe te neem om die twee sale weer operasioneel te kry.

In die skrywe herinner die party Mahlatsi daaraan dat dit ontoelaatbaar is dat sy departement wetgewing verontagsaam terwyl die regering van alle sektore verwag om dit na te kom.

Dit is alombekend dat staatshospitale in die Vrystaat in ʼn haglike toestand is en dit terwyl die ANC-regering voortbeur met die nasionale gesondheidsversekering (NGV) wat dit net gaan vererger.

Die optrede van die departement van arbeid bevestig die VF Plus se standpunt dat basiese gesondheidsbestuur eerder die oplossing is vir gesondheidsorg in die Vrystaat.

Die NGV is duidelik nie die antwoord vir ‘n mislukte gesondheidsorgstelsel wat onder die ANC-regering veroorsaak is nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.