(Ledeverklaring in Gauteng-wetgewer)
Die EFF in Gauteng se blatante verontagsaming van die landswette en hul onvermoë om probleme deur gesprekvoering op te los, is onaanvaarbaar.
In stede daarvan om die geskil deur middel van gesprekvoering met die betrokke handelaars en vervaardigers te probeer oplos, het die EFF geweld, intimidasie, plundery en brandstigting as ‘n uitweg gekies.
Dit is betreurenswaardig dat die ANC toekyk hoe die EFF-lede semi-outomatiese wapens in die publiek vertoon, joernaliste aanrand, grond beset, hulle skuldig maak aan vandalisme, mense in winkelsentrums intimideer en rassistiese uitlatings maak sonder dat die optrede veroordeel word.
Die VF Plus kan net uit die ANC se gebrek aan optrede aflei dat die regering bang is vir die EFF terwyl die EFF-lede terselfdertyd ‘n bespotting van wetsgehoorsame burgers maak. Miskien is dit tyd dat die #voetsekANC op sosiale media uitgebrei word na #voetsekEFF.
Die VF Plus in Gauteng veroordeel die optrede van die EEF-lede na aanleiding van die omstrede Unilever-haarproduk-advertensie wat in Clicks-kettingwinkels te koop aangebied was, ten sterkste. Die dispuut kon deur gesprekvoering bygelê word om ‘n werkbare oplossing te vind.
Navrae: 071 640 7283