Die VF Plus staan saam met persone met gestremdhede en sal graag wil sien dat hul regte, wat dieselfde as dié van ander is, tot op grondvlak verwesenlik word.
’n Inwoner van Moorreesburg het die VF Plus genader oor die gebrek aan parkeerplek vir gestremdes by ’n plaaslike winkelsentrum. Hierdie tekort het haar toegang die sentrum ernstig ingeperk.
Parkeerplekke vir gestremdes is veel groter om beweging soos vir die gebruik van ‘n rolstoel moontlik te maak en is ook so na as moontlik aan die gebou.
Ná die ingryping van die VF Plus het die Swartland-plaaslike munisipaliteit ingestem om ’n aangewese parkeerarea vir gestremdes naby die hoofingang van die winkelsentrum te skep.
Hierdie stap is ’n tasbare verbetering wat persone met gestremdhede se regte en onafhanklikheid versterk.
Die VF Plus glo dat inklusiewe toegang nie ’n luukse is nie, maar ’n noodsaaklikheid.
Die party sal aanhou om owerhede aanspreeklik te hou en te verseker dat alle mense nie net op papier gelyke regte het nie, maar dat dit ook in die praktyk sigbaar is.


