Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Dalk wensdenkery, maar dít is wat VF Plus sal wil hoor van pres. Ramaphosa in sy staatsrede

Om ‘n staatsrede te verwag waar die belange van Suid-Afrika se mense bo dié van die ANC geplaas word, is sekerlik wensdenkery, maar dit is steeds belangrik en al wat die land op die herstelpad kan plaas.

Die VF Plus sal daarom met die staatsrede môreaand veral wil hoor dat die belange van Suid-Afrika en sy mense eerste gestel word binne die konteks van die dramaties veranderende geo-politieke wêreld.

Daar ontstaan tans ongelooflik goeie geleenthede om die land om te draai na ‘n omgewing van sterk ekonomiese groei waardeur werksgeleenthede vir miljoene desperate, werkslose Suid-Afrikaners geskep kan word.

Pres. Ramaphosa moet vir eens opstaan en wys hy het die durf om die regte besluite te neem, al is dit nie in lyn met sy eie party se uitgediende ideologiese vriendskappe uit die verlede nie.

Tweedens sal die VF Plus wil hoor watter dringende ingrypings die regering van nasionale eenheid (RNE) gaan doen om die bek-en-klouseerramp op te los.

Die skade wat die epidemie aangerig het is reeds enorm en daar sal vinnig, beslissend en spoedeisend opgetree moet word.

Van kritieke belang is ook om te hoor wat gedoen gaan word om ‘n nuwe, geloofwaardige en korrupsievrye Suid-Afrikaanse Polisiediens te skep. Dit sal hersaamgestel sal moet word van heel onder tot heel bo om engisins te slaag en geloofwaardig te wees.

Die polisie is die hoeksteen van die totale strafregstelsel en wanneer hy deurtrek is met misdadige elemente in eie geledere, neem misdaad oor soos wat tans gebeur.

Die VF Plus is veral moeg vir onuitvoerbare planne en leë beloftes soos slimstede en blitstreine terwyl die huidige vervoerstelsel, net soos munisipaliteite, uitmekaar val.

Om hierdie dinge te vermag sal daar werklike aanpassings moet kom rakende swart ekonomiese bemagtiging (SEB) om vir alle mense weer hoop en kos op die tafel te gee.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.