fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gryp in ná leerders van Hoërskool Vanderbijlpark dreig om skool te verlaat weens rioolbesoedeling

Die VF Plus het sakekamers in Vanderbijlpark genader om te help om ‘n geblokte rioolpyp wat langs die Hoërskool Vanderbijlpark verbyloop, oop te blaas nadat leerders gister gedreig het om die skool te verlaat.

Inwoners rondom die skool is ook warm onder die kraag oor die riool wat kort-kort hul erwe oorstroom.

Die party vra al sedert 2018 die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) om die riool-hoofpyplyn in Fordstraat te vervang omdat die mangate dikwels oorloop en riool die skoolgrond en rugbyveld invloei.

Die VF Plus het die munisipaliteit ook gister van die rioolblokkasie ingelig, maar munisipale werkers kan nie daaraan aandag gee nie omdat daar geen voertuie beskikbaar is om dié diens te verrig nie.

Die party het geen ander keuse gehad om die sakekamers te vra om in te gryp nie.

Dit is onaanvaarbaar dat leerders deur riool moet loop om skool by te woon en nie aan sekere sportsoorte kan deelneem nie omdat die sportgronde ‘n gesondheidsrisiko inhou.

Die VF Plus bedank Vanderbijlpark se sakesekor vir hul onbaatsugtige hulp.

Dit is egter net ‘n tydelike oplossing en die VF Plus sal druk op die munisipaliteit plaas om die rioolpyp so spoedig moontlik te vervang.

Hierdie is net nog ‘n voorbeeld van die minagting waarmee die ANC die inwoners van Emfuleni behandel.

Emfuleni verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.