Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gryp in by voortdurende kragonderbrekings in Govan Mbeki

Die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit het eindelik begin om die oorgroeide bome wat pal kragonderbrekings in Bethal veroorsaak het, te snoei.

Dit volg nadat die VF Plus die afgelope maand volgehoue druk toegepas het deur middel van skrywes en navrae aan die relevante departemente by die munisipaliteit. Die kwessie is selfs geëskaleer na die munisipale bestuurder, mnr. Elliot Maseko. 

Die inwoners van onder meer Vera-, Bangley-, Holland- en Rogerstrate was telkemale vir dae lank sonder krag. Die oorsaak van die kragonderbrekings blyk die oorgroeide bome onder die kabels te wees. Die kabels was verstrengel in die oorgroeide takke. Dit het tot kortsluitings gelei sodra die wind hard gewaai het.

Die VF Plus kon daarin slaag om die munisipale tegniese departement na bogenoemde strate te ontbied vir ʼn inspeksie. Dit is bevind dat die takke dringend gesnoei moet word.

Die munisipaliteit het Donderdagoggend vroeg reeds ʼn kersieplukker (cherry picker) na die onderskeie strate gestuur om die bome te snoei.

Die VF Plus verwelkom die vinnige en daadwerklike optrede van die munisipaliteit en sal aanhou om as waghond vir die gemeenskap op te tree.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.