Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gekant teen onregmatige aanstelling van hoof finansiële beampte in Maruleng

Die ANC-beheerde raad van die Maruleng-plaaslike munisipaliteit (Hoedspruit) het nieteenstaande teenkanting van die VF Plus en ander voortgegaan om ʼn nuwe hoof finansiële beampte in die munisipaliteit aan te stel.

Die VF Plus het beswaar aangeteken teen die aanstelling van mnr. Tlou Herman Sebelebele omdat geen kortlys van kandidate en inligtingstukke vooraf aan die raad beskikbaar gestel is nie.

ʼn Aanstelling in so belangrike amp kan nie goedgekeur word sonder dat al die kandidate op die kortlys se kwalifikasies nagegaan is nie.

Dit is nog altyd die VF Plus se standpunt dat aanstellings op grond van meriete moet geskied ongeag velkleur.

Daar hang nou ʼn wolk van agterdog oor die aanstelling van Sebelebele weens die ANC se minagting van munisipale prosesse en sy beleid van kaderontplooiing.

Hierdie is weereens ʼn bewys dat die ANC nie in staat is om Maruleng suksesvol te bestuur nie.

Hoedspruit verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.