Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mafube-werkers staak oor salarisse

Die Mafube-plaaslike munisipaliteit (Frankfort, Cornelia, Tweeling en Villiers) kan nie werkers se salarisse vir Mei betaal nie en dit het nou tot ʼn staking gelei.

Die munisipale werkers se pensioenfonds het ʼn hofbevel verkry om die munisipaliteit se bankrekening te bevries.

Die munisipaliteit, wat tans onder artikel 139-ingryping is, skuld R87.3 miljoen aan agterstallige pensioenfondsbydraes vir die tydperk vanaf 2012 tot 2017.

ʼn Betalingsooreenkoms is destyds in plek gestel, maar die munisipaliteit het dit nie nagekom nie.

Die munisipaliteit kan ook nie bedryfsuitgawes aangaan, soos die aankoop van brandstof vir voertuie of chemikalieë vir watersuiwering nie.

Dit stuur af op ʼn groter diensleweringskrisis as wat die munisipaliteit tans beleef.

Na gesprekke met die LUR vir finansies, me. Gadija Brown, het die VF Plus bevestiging gekry dat die provinsiale tesourie tans besig is om ʼn afbetalingsooreenkoms, ooreenkomstig die bestaande finansiële herstelplan, tussen die munisipaliteit en die pensioenfonds te bemiddel.

Nasionale tesourie het intussen aangedui dat die munisipaliteit se begroting vir die 2023/2024-boekjaar onbefonds is.

Die munisipaliteit het opdrag gekry om ʼn begrotingsbefondsingplan op te stel wat deur die raad goedgekeur moet word.

Hierdie dien as verdere bewys dat geen ingrypingsaksie wat deur die ANC van stapel gestuur word, werk nie.

Die ANC is nie daartoe in staat om munisipaliteite, departemente of die land te regeer nie en daar moet van hom ontslae geraak word.

Die VF Plus sal die implementering van die ooreenkoms in die munisipaliteit en in die Vrystaatse provinsiale wetgewer monitor.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.