fbpx
Vryheidsfront Plus

Gautengse gesondheidsdepartement moet rompslomp rondom kankerpasiënte staak

Die Gautengse departement van gesondheid se voortdurende rompslomp met die behandeling van kankerpasiënte is onmenslik.

Die departement het in Maart vanjaar ʼn bedag van R784 miljoen beskikbaar gestel vir die uitkontraktering van bestralingsonkologiedienste en om ander chirurgiese agterstande in te haal.

R250 miljoen van dié geld is net vir bestralingonkologie opsy gesit.

Drie maande het al verloop en steeds is die dienste nog nie uitgekontrakteer nie terwyl kankerpasiënte reeds gesterf het en daar meer bygekom het wat wag op behandeling.

In 2022 het meer as 2 700 pasiënte op bestraling gewag.

Sedertdien het slegs 300 pasiënte die nodige behandeling ontvang.

Tans word bestraling slegs by die Steve Biko- en Charlotte Maxeke-hospitaal aangebied wat nie die druk kan hanteer nie.

Die VF Plus het ʼn brief geskryf aan die LUR vir gesondheid in Gauteng, Nomantu Nkomo-Ralehoko, om antwoorde rakende die probleem te vind.

Die party wil by die LUR weet of daar ʼn afwyking van die normale tenderproses vir die uitkontraktering van die dienste sal wees om die dringendheid van die situasie aan te spreek.

Die agterstandlys van kankerpasiënte moet ook dringend opgedateer en pasiënte geëvalueer word om te bepaal hoe dringend hulle bestraling of chirurgie benodig.

Die VF Plus sal aanhou druk op die LUR plaas om die lot van kankerpasiënte dringend aan te spreek en ʼn erns te maak met hul behandeling.

Vroegtydige behandeling kan baie kankerpasiënte se lewe red.

Tans versaak die Gautengse gesondheidsdepartement kankerpasiënte.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.