Die burgemeester van Johannesburg, Kabelo Gwamanda, se aanval op die voormalige veelparty-koalisie was ongegrond en sy stadsrede teleurstellend.
Die VF Plus het hom daaraan herinner dat die stad se administrasie die afgelope finansiële jaar net vir ses maande in die hande van die veelparty-koalisie was.
Die tekort aan onderhoud van infrastruktuur het lank voor koalisies reeds begin. Inwoners is dikwels weens verouderde infrastruktuur van City Power dae sonder elektrisiteit. Die stad vorder slegs 60 % van waterverbruik in.
Die burgemeester se uitlating dat die metro werk moet skep, is deur die VF Plus verwerp omdat die metro slegs ʼn omgewing vir die private sektor moet skep om die ekonomie te stimuleer en só werk te skep.
Sy stelling dat die metro nuwe behuising-ontwikkelings vir behoeftiges moet voorsien, is ongegrond omdat dit op die skouers van die provinsie rus.
Oor misdaadbekamping is die burgemeester daarop gewys die Johannesburgse metropolisie tans onderbenut is en dié departement ingespan moet word om die kragnetwerke te beveilig.
Die burgemeester wil elektrisiteitstoevoer en dienste na informele nedersettings uitbrei, maar het nie gesê wie daarvoor moet betaal nie.
Hy het genoem daar is ʼn behoefte aan nuwe sportsentrums, biblioteke en swembaddens. Tog word toegelaat dat die bestaandes uitmekaar val.
Die burgemeester se aangekondig dat die suidelike plaasarea-behuisingsprojek goedgekeur is, is nie korrek nie.
Dié beoogde ontwikkeling is in Mei reeds onttrek nadat die VF Plus beswaar aangeteken het teen die buitensporige hoë bedrae waarteen die grond aangekoop sou word.
Oor die moontlike ontwikkeling van die middestad is dit ook duidelik dat beleggers nie in ʼn onveilige omgewing sal belê nie.
Die stad kan nie suksesvol funksioneer onder die ANC nie en groot kapitale lenings sal die probleme net vererger eerder as verbeter.