fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Hoofspeurder van Villiers sterf in oggendure weens nog ʼn kaping op die N3

Motorkapers het die soveelste lewe geëis, hierdie keer op die N3 tussen Warden en Harrismith.

Die hoof van die polisie se speurtak op Villiers, adjudant-offisier Neels du Randt, is in die oggendure van Vrydag, 9 Junie geskiet nadat hy glo ondersoek gaan instel het na die beweerde kaping van ʼn vragmotor op hierdie pad.

Hy is deur die plaaslike veiligheidsdienste ontbied wat die verdagte vragmotor op hul sekuriteitskameras gewaar het.

Geen verdagtes is nog vasgetrek nie. Polisiebeamptes van Villiers is besig met die ondersoek om die vragmotor en ʼn verdagte BMW wat glo by die vragmotor aangesluit het, op te spoor.

Die VF Plus gaan die Vrystaatse polisiekommissaris, luitenant-generaal Baile Motswenyane, versoek om ʼn spesiale taakspan op die been te bring om toenemende kapings in die Vrystaat met spesifieke verwysing na die N3 in die omgewing van die voorval aan te spreek.

Verskeie kapings het in die laaste tyd daar plaasgevind.

Die VF Plus betuig hiermee sy opregte medelye met adjudant-offisier Du Randt se naasbestaandes.

Navrae: 083 743 2042

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.