fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gaan Gautengse polisiekommissaris versoek om ondersoek te verskerp nadat vrou by dagsorgsentrum aangeval is

Die VF Plus in Gauteng gaan die polisie versoek om die soektog na twee verdagte mans te verskerp nadat ‘n vrou Donderdagoggend by ‘n dagsorgsentrum in Pierre van Ryneveld (Centurion) aangehou en beroof is.

In ‘n video wat op sosiale media versprei is, kan duidelik gesien word hoe ‘n motor in die oprit van die Klippieland-dagsorgsentrum stilhou, ‘n verdagte uitklim en ‘n vrou met ‘n vuurwapen aanhou. Die man het haar beveel om haar ringe te oorhandig terwyl hy ‘n vuurwapen rondswaai en ‘n bang kleuter langs haar staan.

Die verwaandheid van die rowers om hulpelose kinders en vroue se lewens in gevaar te stel, kan nie langer geduld word nie en daarom gaan die VF Plus die Gautengse polisiekommissaris, lt.-genl. Elias Mawela, versoek om alle leidrade op te volg om die verdagtes vas te trek.

Navrae: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.