fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eskaleer Makhado-waterkrisis na premier van Limpopo en eis dringende optrede

Die VF Plus het die waterkrisis wat die inwoners van die Makhado-plaaslike munisipaliteit (Louis Trichardt) ervaar asook die swak dienslewering van die Vhembe-distriksmunisipaliteit, na die premier van Limpopo, Stanley Mathabatha, verwys vir dringende optrede.

Mathabatha het onderneem om binnekort met die VF Plus, die betrokke departemente van die distriksmunisipaliteit asook amptenare van die Makhado-munisipaliteit te vergader om ’n oplossing te vind.

Kragprobleme is ook ’n groot uitdaging en is ook onder die premier se aandag gebring.

Die Vhembe-distriksmunisipaliteit het vandag boonop ’n kennisgewing uitgereik dat die Albasini-watersuiweringsaanleg nie operasioneel is nie.

Na bewering is pompe stukkend en sal normale watervoorsiening voortgaan sodra tegnici die pompe herstel het.

Dit is te verstane dat inwoners gefrustreerd en moeg gesoebat is vir basiese dienslewering.

Dit is tyd dat geregtigheid geskied en die munisipaliteite verantwoording doen vir die nienakoming van hul wetlike verpligting teenoor inwoners.

Inwoners kan gerus aansluit by die VF Plus se WhatsApp-groep waar hulle direk met die VF Plus kan skakel, klagtes aanmeld en terugvoering ontvang:

https://chat.whatsapp.com/E2KgSUxi2ZY9F2IN8fBZtZ

Die VF Plus sal aanhou druk toepas en daarop aandring dat oplossings gevind word vir Makhado se waterkrisis en ander diensleweringsprobleme.

Onder die ANC se beheer het Makhado van ‘n eens vooruitstrewende dorp verval tot ‘n ashoop.

Makhado verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.