Die Aloe Ridge West-gemeenskap in Burgersfort het hande met die VF Plus geneem en die party se skoonmaak-aksie ondersteun.
Vrywilligers uit die gemeenskap het saam met die VF Plus begin om onwettige vullisterreine skoon te maak en vullis weg te ry na ‘n stortingsterrein etlike kilometer van die Aloe Ridge West-woongebied.
Tans maak die Fetakgomo Tubatse-plaaslike munisipaliteit en inwoners gebruik van 'n stortingsterrein in Apel wat 100km van Burgersfort geleë is.
Die stortingsterrein in Burgersfort is tans gesluit en skep ‘n geweldige probleem vir die gemeenskap en gee aanleiding tot die ontstaan van onwettige stortingsterreine.
Die VF Plus gaan met die munisipaliteit se departement vir korporatiewe dienste en die munisipale bestuurder, Walter Phala, in gesprek tree om ‘n stortingsterrein nader aan die gemeenskap van Burgersfort aan te lê.
Die VF Plus nooi inwoners uit om betrokke te raak en aan te sluit by die plaaslike VF Plus-tak om so op hoogte te bly van die werksaamhede van die party in die gemeenskap.
Die VF Plus werk vir jou.


