fbpx
Vryheidsfront Plus

Bosbokrand-skuld dwing toerisme in Mpumalanga op sy knieë

Die wanbetalingskultuur van inwoners in die Bosbokrand-plaaslike munisipaliteit en daaropvolgende protesaksies wanneer dienste gesny word, is waarskynlik die hoofoorsaak waarom toerisme in dié provinsie feitlik op sy knieë gedwing is.

Gewelddadige protesaksies op die R40 teister die munisipaliteit (Acornhoek, Bosbokrand, Cottondale, Hluvukani, Kampersrus, Marite, Mkhuhlu, Paul Kruger-hek) nou al etlike weke en belemmer broodnodige toerisme.

Die R40 is die hoofslagaar vir toerisme in Mpumalanga. Dit lei na die meeste gewilde toeristebestemmings soos die Nasionale Krugerwildtuin.

Die afgelope week was daar verskeie voorvalle waar internasionale toeriste nie by hulle bestemmings kon uitkom nie.

Dit maak geen sin om miljoene rande te bestee aan die regmaak en opgradering van paaie as die toeriste weens protesaksies nie daar kan ry nie.

Die oorsaak van hierdie protesaksies is ‘n gebrek aan dienslewering. Historiese tarieweskuld van sowat R700 miljoen aan die munisipaliteit speel ‘n groot rol hierin.

Dispute oor grondbesit en grondindringing het die skuldinvordering van tariewe nou al te lank belemmer.

Meer as R568 miljoen se skuld is in dispuut aangesien niemand blykbaar weet wie hierdie geld skuld nie.

Die wanbetaling van tariewe het ook 'n sneeubal-effek op 'n infrastruktuur wat dekades oud is en dringend opgradering benodig. Hooflyne vir watervoorsiening kort dringende aandag.

Die VF Plus het 'n mosie in die wetgewer ingedien dat 'n werkbare aksieplan deur die regering in plek gestel word en dat skuldinvordering so gou as moontlik plaasvind.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.