fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus en AfriForum herstel slaggate in Brakpan

‘n Groep VF Plus- en AfriForum-lede het Saterdag saamgewerk en slaggate herstel om die VC Superspar-sentrum in Craigholmstraat, Brakpan.

Brakpan gaan soos baie ander dorpe in die Ekurhuleni-metroraad (Brakpan, Boksburg, Alberton, Kempton Park, Edenvale, en ander omliggende dele) gebuk onder ‘n metroraad wat sy plig versuim om paaie te herstel.

Inwoners en organisasies moet dus noodgedwonge inspring en self die nodige herstelwerk doen.

Die span het sowat 14 slaggate rondom die inkopiesentrum herstel. Die teer is goedgunstig geskenk.

Die VF Plus en AfriForum is by baie projekte betrokke waar die metroraad faal om belastingbetalers se swaarverdiende geld oordeelkundig aan te wend.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die inwoners van Ekurhuleni om met die komende plaaslike regeringsverkiesing saam met die party op te staan, saam te staan en toe te sien dat bekwame verteenwoordigers, wat inwoners se belange eerste stel, beheer neem van die metroraad.

Navrae: 072 217 1951

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.