fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra ondersoek na voorval waar polisielid glo betrokke was in poging tot gewapende rooftog

Die VF Plus in Gauteng het die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, gevra om ondersoek in te stel na ‘n voorval waarin ‘n polisieman glo op 15 Junie in ‘n poging tot ‘n gewapende rooftog in Boksburg betrokke was.

Die voorval, wat nou eers aan die lig gekom het, het volgens die polisie by ‘n bewaakte perseel in Boksburg aan die Oos-Rand plaasgevind. Een van die aanvallers was na bewering ‘n lid van die polisie.

Luidens inligting het twee mans wat in ‘n polisievoertuig by die perseel opgedaag het, twee private sekuriteitsbeamptes oorval.

Daar is probeer om een sekuriteitsbeampte se vuurwapen van hom af te neem waarna ‘n skietery ontstaan het. ‘n Sekuriteitsbeampte is in die gesig, arm en maag gewond. Die verdagte is noodlottig gewond en het op die toneel gesterf.

Die tweede verdagte het die wapens gegryp en met die polisievoertuig weggejaag.

Die bevelvoerende polisielid wat die toneel besoek het, was glo verbaas om tydens die ondersoek vas te stel dat die oorledene een van haar kollegas was.

Die VF Plus vind hierdie gebeure skokkend en vertrou dat die kommissaris die saak vinnig en deeglik sal laat ondersoek. Dit is onaanvaarbaar dat polisielede selfs al polisievoertuie gebruik in ernstige misdaad soos ‘n gewapende rooftog.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.