fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis sterk verkeersveiligheidsveldtog in Mpumalang tydens Paastydperk

Die VF Plus het die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, mnr. Vusi Shongwe, versoek om meer proaktief op te tree in die komende Paastydperk om die sterftesyfer op provinsiale paaie aansienlik te verlaag.

ʼn Sterk verkeersveiligheidsveldtog moet van stapel gestuur word.

In die afgelope paar weke was daar reeds talle groot ongelukke in Mpumalanga, met ‘n hoë aantal sterftes. Dit is baie kommerwekkend, veral met die komende Paastydperk wat bekend is vir sy dodetal op paaie.

Streng spoedtoepassing en maatreëls moet geïmplementeer word om die veldtog uit te brei na veral informele nedersettings waar voetgangers wat langs besige roetes stap, gereeld raakgery word.

Verkeersbeamptes moet meer sigbaar wees en verskeie verkeersbeheerpunte moet gereël word waaraan beide polisie- en verkeersbeamptes deelneem.

Dit sal die risiko van onpadwaardige voertuie en roekelose bestuurders skerp laat daal.

Die huidige toestand van padveiligheid in die provinsie is ontoereikend. Dit is noodsaaklik dat al die rolspelers deur gekombineerde pogings en samewerking die aantal ongelukke, sterftes en beserings op die paaie verminder.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op mnr. Shongwe om seker te maak dat bogenoemde voorstelle uitgevoer word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.