Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis optrede oor Vrystaatse dorpe se kragprobleme

Die VF Plus eis dringende optrede nadat Eskom vandeesweek aangedui het dat hy oorweeg om vier Vrystaatse munisipaliteite se kragtoevoer weens wanbetaling af te sny of die lading te verminder.

Die party het Eskom se voorneme onder die aandag gebring van die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), mnr. T.Z. Mokoena, en geëis dat hy dringend ingryp by die krisis wat die Ngwathe-, Masilonyana-, Moqhaka- en Nala-plaaslike munisipaliteit in die gesig staar.

Al vier hierdie munisipaliteite het gebruik gemaak van Eskom se skuldverligtingsprogram, maar het versuim om aan die voorwaardes van die program te voldoen.

Een van die voorwaardes is dat die munisipaliteite ten minste sy huidige kragrekeninge getrou moet betaal.

Ironies genoeg was die LUR vir finansies, mnr. Ketso Makume, reeds van April 2024 bewus van die munisipaliteite se wanbetaling, maar het niks gedoen om die situasie te beredder of die munisipaliteite tot verantwoording te roep nie.

Alhoewel Eskom aangedui het dat daar nou ʼn geleentheid is vir openbare insette, is die VF Plus besorg dat inwoners gaan ly weens die vier munisipaliteite se astronomiese skuld.

Die ANC-regering in die Vrystaat is verantwoordelik vir die feit dat die staat homself miljarde skuld en belastingbetalers gyselaar gehou word.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen vir verantwoordbaarheid en doeltreffende finansiële bestuur om hierdie wanorde reg te stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.