Die VF Plus het in ‘n dringende skrywe aan die burgemeester van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit, me. Sibongile Makushe, daarop aangedring dat watermeteroudits nou voorkeur geniet.
Die leรซ beloftes aangaande die noodsaaklike oudits sloer al sedert 2021.
Die Mbombela-raad het op 31 Mei 2021 ‘n mosie aanvaar aangaande die noodsaaklike lees van watermeters dwarsdeur die munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier).
Die VF Plus het in Maart 2022 versoek dat wateroudits gedoen word sodat Mbombela sy waterverbruik en -verliese kan evalueer. Die burgemeester het tydens ‘n ope raadsvergadering aangedui dat oudits sal begin en dat terugvoer by wyse van verslae aan die raad op versoek sal geskied.
Tot op hede is geen verslag oor die oudits ter tafel gelรช nie. Daar was ook geen terugvoer op skriftelike vrae wat aan die burgemeester gestel is nie.
Intussen word inwoners van Mbombela wat maandeliks waterrekeninge sonder watermeterlesings ontvang, gedreig dat hul water afgesny gaan word indien die rekeninge nie vereffen word nie.
Sommige belastingbetalers se watermeters is ondergronds, terwyl ander se watermeters onderstebo geรฏnstalleer is en dus onmoontlik is om te lees.
Die gebrek aan implementering van hierdie raadsbesluit lei tot die moontlike verkwisting van geld en met ‘n bietjie moeite is dit baie maklik om reg te stel.
Me. Makushe het tydens ‘n onlangse raadsitting wel aangedui dat die finansiรซle portefeulje instrumenteel daarin was om die diensverskaffer te verhinder om voort te gaan met die oudit aangesien daar glo onreรซlmatighede was tydens die aanstelling van die kontrakteur.
Die VF Plus eis nou in ‘n skrywe aan die burgemeester, met ‘n spertyd van sewe dae, om terugvoer te gee aangaande diรฉ kwelpunt en om die oudit ‘n prioriteit te maak.
Die VF Plus sal voortgaan om te baklei totdat diรฉ kwessie opgeklaar is.
Die inwoners van Mbombela verdien beter as die ANC.


