Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis antwoorde oor vredesendingfiasko

Die VF Plus eis dat genl.maj Wally Rhoode voor die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie moet verskyn om die fiasko in Pole te verduidelik waarby president Cyril Ramaphosa se veiligheidsbesonderhede betrokke is.

Genl-maj Rhoode, hoof van die presidensiële beskermingseenheid, was deel van die veiligheidsgroep wat toegang tot Pole geweier is. Volgens die Poolse owerhede was daar probleme met dokumente en permitte vir goedere en personeel.

Luidens ’n mediaberig (News24, 18 Junie 2023: Ramaphosa se beskermingspan het waarskuwings oor Poolse permitte geïgnoreer), het lugmagbeamptes die “leierskap” van die veiligheidsgebeurlikheid hieroor gewaarsku.

Dit blyk dat hulle spesifiek ingelig is oor die dokumentasie wat nodig is om met sekere goedere en personeel te reis. Hierdie waarskuwing is egter geïgnoreer.

Tog het genl.maj Rhoode besluit om ‘n impromptu mediakonferensie oor die vliegtuig se trappe by die Chopin-lughawe te hou en Pole van rassisme beskuldig.

Deur sulke oorhaastige uitsprake te maak, het genl.maj Rhoode die politieke arena betree. Dit is nie gepas vir ‘n lid van die polisie om sulke verklarings af te lê nie, en hy moet tot verantwoording geroep word.

Daar moet ook duidelikheid verskaf word oor hoekom so ‘n groot veiligheidsgebeurlikheid nodig was, en hoekom hulle wapens saamgeneem het.

Ek sal die minister van polisie, Bheki Cele, vra of ’n permit vir die wapens uitgereik is, en hy moet ook aandui hoeveel wapens en hoeveel ammunisie saamgeneem is.

Wat hier gebeur het, is te wagte wanneer dit by enige vorm van beplanning deur die ANC-regering kom. Dit is egter steeds ‘n verleentheid vir die hele Suid-Afrika, en die land en sy mense verdien antwoorde.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.