fbpx
Vryheidsfront Plus

Ekurhuleni moet verslag opstel oor moontlike strukturele skade na aardbewing

Die VF Plus is bekommerd oor die stand van openbare infrastruktuur in die Ekurhuleni-metro na die aardbewing van 11 Junie wat 4,4 op die Richterskaal geregistreer het.

Die party het daarom Ekurhuleni se stadsbestuurder, dr. Imogen Mashazi, versoek om die departement van stadsbeplanning en infrastruktuur opdrag te gee om ʼn verslag hieroor saam te stel en met die volgende raadsvergadering ter tafel te lê.

Die lisensiekantore in Wadeville moes onder meer tydelik gesluit word weens die aardskudding nadat strukturele skade aangemeld is.

Alhoewel die aardbewing as lig beskou word, was die skudding substantief genoeg om tot in groot dele van Johannesburg en Pretoria gevoel te word.

Die VF Plus sal verder versoek dat ʼn herstelplan met tydlyne opgestel word vir beskadigde infrastruktuur onder die metro se jurisdiksie.

Aangesien sinkgate in Ekurhuleni ook ʼn probleem is en kan vererger tydens aardbewings, dring die party ook daarop aan dat ʼn opname gedoen word van alle sinkgate in die metro met ʼn gepaardgaande herstelplan.

Die kombinasie van aardbewings en sinkgate het die potensiaal om ernstige skade aan infrastruktuur te veroorsaak en om lewens in gevaar te stel.

Die VF Plus sal voortgesette druk op die Ekurhuleni-metro bly plaas om te verseker dat hierdie kwessies aangespreek word in belang van die metro se inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.