fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Mbombela-amptenare traag om Hazyview-waterkrisis op te los

Die Mbombela-plaaslike munisipaliteit se swak beplanning en nalatigheid om waterinfrastruktuur te onderhou, is die groot oorsaak waarom dele van Hazyview al vir bykans elf dae min of geen water het nie.

Dié munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier) se verouderde waterinfrastruktuur is egter die grootste sondebok.

Dit is ook die tweede keer in minder as ses maande dat Hazyview-inwoners in ‘n waterkrisis gedompel is.

Tog word herstelwerk bykans glad nie gedoen nie. Die rugsteunpompe by die rouwaterpompstasie én die druktoring is buite werking.

Gevolglik moet die Munisipaliteit weereens voortdurend staatmaak op watervoorsiening vanaf ‘n kanaalskema. Dié skemakontrak is al in die 2012/13-finansiële jaar gekanselleer. Die kanaalbesproeiingsraad het die Munisipaliteit egter toegelaat om dit weer te gebruik.

Die kanaalstelsel is in die verlede gebruik om Hazyview van water te voorsien sonder die bykomende Eskom-uitgawe om water van die rouwaterpompstasie na die watersuiweringsaanleg te pomp.

Dit was goedkoper om te verkry en is beslis ‘n moontlike oplossing vir die voortslepende waterkrisis.

Die VF Plus sal sorg dat Mbombela verantwoordelik gehou word vir sy nalatigheid. In Maart 2023 het die VF Plus onthul dat 496 munisipale resolusies sedert 2016 nie in werking gestel is nie.

Een van daardie raadsbesluite het spesifiek gehandel oor die opstel van instandhoudingsplanne vir munisipale infrastruktuur.

Tans is dit nie die geval nie en skend die munisipaliteit inwoners se grondwetlike reg op toegang tot voldoende water.

Die VF Plus sal die munisipale bestuurder, mnr. Wiseman Khumalo, versoek om tydens die volgende raadsitting antwoorde te verskaf. Daar moet ook moontlike dissiplinêre stappe oorweeg word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.