Die VF Plus sal nie toelaat dat die Gautengse departement van paaie en vervoer voete sleep met die herstel van gevaarlike paaie in die provinsie nie.
Druk van die VF Plus het daartoe gelei dat herstelwerk aan die R500 tussen Carletonville en die R24 onlangs hervat is nadat diรฉ projek aanvanklik in Maart gestaak is.
Die R500 dien as hoofroete tussen Carletonville met groot mynbedrywighede, Johannesburg, Randfontein en Krugersdorp.
Kontrakteurs het diรฉ pad se oppervlak as โvrotโ beskryf en dit was so onbegaanbaar dat motoriste in die veld langs die pad moes ry.
Die departement het besluit om slegs 3km van die pad se oppervlak te herseรซl en net die slaggate op die res van die pad op te vul.
Die VF Plus sou verkies dat die hele 15km van die erg beskadigde pad se oppervlak vervang word.
Die party het die Gautengse regering gewaarsku dat sy afwaartse aanpassing van die departement se begroting ondeurdag is.
Daar is ล toenemende behoefte aan die herstel van paaie in Gauteng en om slegs slaggate op te vul, is nie volhoubaar nie. Diรฉ departement se begroting moes eerder verdubbel het.
Die vervalle toestand van Gauteng se paaie kan net toegeskryf word aan die ANC-regering se verwaarlosing van die provinsie se padvervoerstelsel.


