fbpx
Vryheidsfront Plus

Luiperd in strik: Wildstropery in Manyeleti-reservaat is buite beheer

Die ongebreidelde stropery van wilde diere in die Manyeleti-wildreservaat het handuit geruk en drastiese stappe moet dringend gedoen word om dit stop te sit.

Die VF Plus het skokkende videomateriaal gekyk wat geneem is van ‘n luiperdmannetjie met ‘n kabelstrik in hierdie Groot-Vyf-reservaat.

Die strik het so styf getrek dat dit ‘n diep, groot, gapende wond regdeur sy lyf gelaat het.

Dit is nie die eerste dier wat in ‘n strik in hierdie reservaat gevang word nie. Strikke moet gereeld van leeus en hiënas verwyder word.

Die heining tussen die reservaat en die omliggende plaaslike gemeenskap is in ‘n haglike toestand, en stropers stap sommer met hul jaghonde die reservaat binne.

Die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap (MTPA) voer nagenoeg geen stropery teen stropery uit nie.

In ‘n amptelike brief aan die LUR vir Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling, me Nompumeleleo Hlophe, het die VF Plus pertinente vrae oor anti-stropery-inisiatiewe gestel en ook ‘n dringende vergadering met haar versoek.

Die polisiëring van wild en stropery moet verskerp word. ’n Permanente teenstropingseenheid wat dag en nag patrolleer moet ook gevestig word.

Daar moet dadelik opgetree word, want oor ‘n dekade en teen die huidige tempo van stropery sal daar baie min oorbly van baie van die spesies in Manyeleti, wat aan die Krugerwildtuin grens.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.