Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus stem teen Johannesburg-metro se begroting

Die VF Plus het Donderdag nie die Johannesburg-metro se 2023/24-finansiele begroting van R80.9 miljard gesteun nie.

Dit is hoofsaaklik weens die buitengewone tariefverhogings en die reuse agterstand in infrastruktuuronderhoud.

Die VF Plus het sy kommer uitgespreek oor die nuwe aangepaste tariewe omdat Suid-Afrikaners se middel- en hoër-middelklas tans 70% van hul maandelikse inkomste aan skuld moet betaal.

Die afgelope maande was daar ʼn skerp styging in die wanbetaling van motor- en eiendomspaaiemente. Kospryse het ook die hoogte in geskiet.

Die VF Plus het die ANC daaraan herinner dat tydens die Covid-19-pandemie belastingbetalers swaargekry het.  Die burgemeesterskomiteelid vir finansies, David Morero, moet dus gaan ondersoek instel voor hy die stad aan ʼn 87% invorderingskoers verbind.

Morero is ook gewaarsku dat hy nie die stad aan groot kapitale projekte moet verbind nie. Dit moet eerder deur die Gautengse provinsie gefinansier word.

Hy het ook melding gemaak van die nuwe slimmeter-projek en die party het waarop gewys dat dié soort projek tien jaar gelede deurtrek was met probleme en korrupsie.

Daar moet ʼn beter balans tussen nuwe kapitale projekte en onderhoud van infrastruktuur wees om seker te maak dat belastingbetalers in die voorstede deurlopend goeie dienste ontvang. Hulle betaal immers daarvoor.

Die VF Plus het skerp gereageer teen die voorgestelde tariefverhogings. Die gemiddelde verhoging op eiendomsbelasting is na raming nie 15.8 % nie, maar nader aan 20 tot 26%, afhangende van eiendomswaarde.

Die VF Plus het voorgestel dat eiendomstariewe nie verhoog word nie na aanleiding van die onlangse eiendomswaardasie-verhogings.

Nog ʼn voorstel is dat die invorderingkoers van 87% na 83% verlaag word en ander tariewe soos Pikitup, riool en ander dienste met slegs 3% verhoog word.

Die VF Plus het die metro gemaan om ernstig te besin oor die verskaffingsketting om grootskaalse korrupsie uit te roei.

Die party is bekommerd oor die stad se reuse agterstand op infrastruktuur-onderhoud en het voorgestel die stad moet hou by die nasionale tesourie se voorstel om 8% van die begroting aan onderhoud te bestee.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.