Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis aanspreeklikheid namate finansiële krisis in Mbombela verdiep

Die VF Plus in die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapsehoop, Skukuza, Witrivier) is diep bekommerd oor die voortdurende gebrek aan optrede en aanspreeklikheid oor die verdiepende finansiële krisis in die munisipaliteit.

Die munisipale bestuur het vir twee jaar reeds geen antwoord oor sy uitstaande skuld nie.

Ten spyte van oorweldigende bewyse dat provinsiale departemente ʼn beduidende deel van die munisipaliteit se skuld uitmaak, is daar geen wesenlike maatreël getref om die kwessie op te los nie.

Terwyl gewone inwoners diensopskortings in die gesig staar weens nie-betaling van munisipale rekeninge, blyk dit dat regeringsgeboue en -departemente volgens ‘n ander stel reëls funksioneer. Hierdie dubbele standaarde is onaanvaarbaar en onregverdig.

Luidens die jongste syfers skuld die departement van openbare werke en vervoer die munisipaliteit R110,6 miljoen, klinieke skuld R31 miljoen, en skole R10,3 miljoen. Die totale uitstaande skuld aan die munisipaliteit oorskry nou R200 miljoen; ‘n krisis wat dringende ingryping vereis.

Die VF Plus vermoed dat hierdie toegeeflikheid veel te make het met die feit dat ANC-departemente die wanbetalers is.

Hierdie ongelyke behandeling wek ernstige kommer oor regverdigheid, aanspreeklikheid en politieke vooroordeel.

Die VF Plus het herhaaldelik die afgelope paar weke vrae ingedien by die munisipale bestuur en eis nou onmiddellike antwoorde van die munisipale bestuurder, mnr. Wiseman Khumalo en die burgemeester, me. Sibongile Makushe-Mazibuko, oor stappe wat geneem gaan word om hierdie krisis aan te spreek

Die party gaan met die komende raadsitting ook ‘n mosie indien oor die aangeleentheid.

Die party sal voortgaan om die situasie fyn dop te hou om seker te maak dat die publiek op hoogte bly van verwikkelinge en oplossings.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.