Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

EFF-optog na Kleinfontein is politieke teater

Die EFF-optog na Kleinfontein vandag is niks anders as politieke teater nie deurspek met rassisme wat as weerligafleier moet dien vir die onvermoë van die koalisie in die Tswhane-metro waarvan die EFF deel is.

Die feit dat die EFF-lid van die burgemeesterskomitee vir omgewingsake en streeksleier van die EFF in die Tshwane-gebied, Obakeng Ramabodu, op video poog om ‘n AfriForum-bord by Kleinfontein te vandaliseer, bevestig die feit dat die EFF oor geen ander politieke kapitaal as rassisme en ‘n gevaarlik opruiende en afbrekende kultuur beskik nie.

Die EFF het vandag as regerende koalisievennoot in die Tshwane-metro doelgerig verkies om op Kleinfontein as Afrikaner-kultuurgemeenskap toe te slaan, ten spyte van die feit dat daar meer as 500 onwettige informele nedersettings in die metro bestaan en verdra word en daar sowat 20 onwettige ontwikkelings binne die metro funksioneer wat nie aan formaliseringseringsvereistes voldoen of belasting betaal nie, terwyl die metro geen dienste aan die gemeenskap van Kleinfontein lewer nie.

Die feit dat die leier van die EFF, Julius Malema, gereeld die slagspreuk “Kill the boer kill the farmer” uiter, steun die optrede van die EFF vandag, asook uitlatings van die EFF naamlik dat Kleinfontein plat gestoot moet word.

Suid-Afrika is ‘n diverse land wat bestaan uit ‘n veelheid van kultuurgemeenskappe wat toegelaat moet word om vreedsaam naas mekaar te kan bestaan.

Afrikaner-kultuurgemeenskappe soos Orania en Kleinfontein hou geen bedreiging vir Suid-Afrika in nie, maar lewer eerder ‘n bydrae om die land te bou.

Die VF Plus verwerp die minagting wat die EFF teenoor die Afrikaner-gemeenskap in Suid-Afrika toon.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.