Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus steun nie Merafong-konsepbegroting

Die VF Plus kan nie die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) se konsepbegroting vir die 2025/26-finansiële jaar steun nie weens die ANC se algehele wanbestuur van dié munisipaliteit.

Merafong skuld Eskom tans R1,2 miljard en Randwater R1,3 miljoen weens wanbetaling.

Net die rente aan die twee grootmaatverskaffers beloop R52 miljoen per maand.

Randwater het reeds weens wanbetaling die watervoorsiening na die munisipaliteit met 20% gesny en dit kan verhoog indien Merafong nie dringend ʼn afbetalingsooreenkoms met Randwater aangaan nie.

Intussen is groot gebiede van die munisipaliteit sonder water omdat reservoirs leegloop. Daar is ook nie genoeg watertrokke om aan inwoners genoegsame drinkwater te voorsien nie.

Die munisipaliteit se invorderingskoers vir dienste gelewer aan inwoners is tans 48% wat hopeloos te min is om sy verskaffers te betaal.

Die munisipaliteit se goedkeuring om 31 500 voorafbetaalde kragmeters teen ʼn bedrag van R173 250 000 aan te koop en 18 300 watermeters teen ʼn bedrag van R113 460 000 te herstel, kan help om die invorderingskoers te verhoog.

Dit gaan egter steeds ʼn druppel aan die emmer wees indien Merafong nie dringend wanbetalers opskroef nie.

Tans is dit net ʼn handjievol getroue belastingbetalers wat die munisipaliteit staande hou, maar terselfdertyd gestraf word vir die ANC se wanbestuur.

Die situasie kan nie langer voortduur nie.

Die enigste oplossings is om van die ANC ontslae te raak met die plaaslike regeringsverkiesing in 2026.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.