Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus bevraagteken Tshwane-metro se verskuiwing van nog 5 200 mense na Pienaarspoort

Die VF Plus bevraagteken die Tshwane-metro se departement van menslike nedersettings se besluit om nóg 5 200 mense te verskuif na ʼn stuk grond wat in 2020 in Pienaarspoort bewillig is vir 575 vloedslagoffers van Mamelodi.

Die verskuiwing van die vloedslagoffers het die metro R286 miljoen uit die sak gejaag.

Die metro het egter sonder toestemming ʼn verdere 811 mense wat in oorgangskampe woon, na die Pienaarspoort-behuisingsontwikkelingsprojek geskuif.

Die departement van menslike nedersettings beplan om ʼn verdere 5200 mense wat in informele nedersettings woon, daarheen te skuif.

Die metro se oorsigkomitee vir die betrokke departement het in ʼn verslag aangedui dat die hervestiging geen verdere finansiële implikasies vir die metro inhou nie.

Volgens die VF Plus is dié stelling nie op die realiteit gegrond nie aangesien infrastruktuur aan die bykomende inwoners verskaf moet word.

Dit sal die koste aansienlik vergroot en daar word geen voorsiening hiervoor gemaak in die metro se begroting vir die 2025/26-finansiële jaar nie.

Die VF Plus het die volgende aanbevelings voorgestel:

• ʼn volledige oudit sodat mense wat nie deur die vloed geraak is nie, nie met dieselfde begroting geskuif word nie.
• Om die geld uitsluitlik te gebruik vir die 575 vloedslagoffers en nie vir die al die 6 011 mense soos in die verslag aangedui is nie.
• Die departement van menslike nedersettings se oorsigkomitee moet ʼn volledige begroting aan die raad voorlê aangesien die huidige verslag nie deursigtig is nie.

Die Pienaarspoort-ontwikkeling was oorspronklik bedoel om die waardigheid van Tshwane se mees kwesbare mense te herstel. Tans word duisende inwoners van onwettige informele nedersettings hervestig op ʼn stuk grond waar daar moontlik nie genoeg ruimte of finansiering is om die projek suksesvol te bestuur nie.

Die infrastruktuur maak ook nie voorsiening om die groot hoeveelheid mense te ondersteun nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.