Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis antwoorde oor kostes verbonde aan ministeriële besoek aan Ermelo

Die VF Plus het ʼn dringende skrywe by die Msukaligwa-plaaslike munisipaliteit (Ermelo, Breyton, Davel, Lothair) ingedien ná die besoek van die minister van minerale- en petroleumhulpbronne, mnr. Gwede Mantashe, aan Ermelo.

In dié skrywe word versoek dat die munisipale bestuur die kostes verbonde aan die besoek, sowel as die haastige, tog gebrekkige skoonmaak van die dorp, uiteensit.

Vir etlike jare moes plaaslike inwoners leef met strate vol slaggate, verstopte rioolstelsels en vullis wat openbare ruimtes en sypaadjies verswelg.

Dit is onaanvaarbaar dat die munisipaliteit tot dusver vir jare volstrek geweier het om noodsaaklike dienslewering te bied, maar dan binne ‘n paar dae skielik bolangs skoon te maak kort voor mnr. Mantashe se besoek.

Boonop is daar slegs langs die sorgvuldig gekose roetes wat die minister sou gebruik, basiese herstel- en skoonmaakwerk gedoen. Skaars 200 meter verder het die ware Ermelo onveranderd gebly; gapende slaggate, rioolwater wat strate afspoel, lekkende waterpype, hope gemors en vee wat vryelik in die dorpskern rondloop.

Die VF Plus eis nou dringende ingryping in die groeiende krisis in die munisipaliteit. Die munisipale bestuur moet ook verduidelik waarom soortgelyke optrede nie in reaksie op inwoners se klagtes getoon word nie.

Die VF Plus sal aanhou druk toepas totdat basiese dienslewering die norm word in Msukaligwa.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.