Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verwaarlosing van dreineringsinfrastruktuur in Kemptonpark stel lewens in gevaar

Die VF Plus het soos in die verlede, opnuut ʼn beroep op die ANC/EFF-koalisie in die Ekurhuleni-metro gedoen om die paddreineringstelsels in Kemptonpark te onderhou.

Die party het die afgelope vier jaar verskeie klagtes by die stormwater- en dreineringsafdeling ingedien oor die verswakte en dikwels nie-funksionele stormwaterinfrastruktuur. Nogtans het die metro nie die politieke wil om die infrastruktuur te onderhou nie Dit plaas ʼn risiko op motorbestuurders weens paaie wat oorstroom en die moontlikheid van sinkgate wat onder paaie vorm.

In Kemptonpark is die stormwaterdreine na die hoë reënval verstop wat kan lei tot ondergrondse watererosie onder die padoppervlak.

Die situasie kan nie voortduur nie en die VF Plus hou die metro verantwoordelik vir motors wat beskadig word. In baie gevalle oorstroom huise wat groot ongemak vir huiseienaars inhou.

Die VF Plus sal nie ophou om die metro onder druk te plaas om spoedig met die skoonmaak van stormwaterdreine te begin nie. Inwoners van Kemptonpark betaal belasting en daarom moet die metro die dienste lewer.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.