Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dra finansieel by tot brandbestryding in Kouga

Die VF Plus in die Oos-Kaap het ʼn finansiële skenking aan die Kouga-plaaslike munisipaliteit (Cape St Francis, Hankey, Humansdorp, Jeffreysbaai, Loerie, Oesterbaai, Patensie, St Francis Bay, Thornhill) gedoen om brandstof aan te koop vir helikopters wat vir die bestryding van verwoestende veldbrande in dié gebied aangewend word.

Hierdie bydrae het ’n tasbare verskil gemaak aan lugondersteuning wat van kritieke belang is om vure in ontoeganklike gebiede te bereik en die verdere verspreiding van die brande te beperk.

Sonder voldoende hulpbronne, veral vir lugoperasies, word die taak van brandbestryders aansienlik bemoeilik.

Die VF Plus wil beklemtoon dat die finansiële ondersteuning nie net ’n simboliese gebaar is nie, maar ’n praktiese investering in die veiligheid van inwoners en die beskerming van die omgewing.

Die party spreek sy waardering uit teenoor die brandbestryders, nooddienspersoneel, vrywilligers en alle betrokkenes wat onder gevaarlike omstandighede werk om lewens en eiendom te beskerm.

Volgens die VF Plus is dit noodsaaklik dat alle rolspelers soos politieke partye, plaaslike owerhede en die privaat sektor saamstaan tydens noodgevalle soos hierdie.

Rampbestuur vereis vinnige optrede, praktiese ondersteuning en samewerking, ongeag politieke verskille.

Die VF Plus doen ook ’n beroep op die provinsiale en nasionale regering om te verseker dat voldoende fondse, toerusting en beplanning beskikbaar is om veldbrande doeltreffend te voorkom en te bestry, veral gedurende die warm en droë somermaande wanneer die risiko beduidend toeneem.

Die party bly verbind tot die welstand van gemeenskappe in die Oos-Kaap en sal voortgaan om, waar moontlik, praktiese en finansiële ondersteuning te bied aan inisiatiewe wat die veiligheid van inwoners en die beskerming van die omgewing bevorder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.