Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-dokumentêre film stel feite oor Kleinfontein

Die VF Plus het vandag ’n dokumentêre film uitgereik om die waarheid oor Kleinfontein, ’n selfstandige Afrikaner-gemeenskap naby Pretoria, te belig.

Dit blyk duidelik dat Kleinfontein die slagoffer is van ‘n vyandige Tshwane-metroraad en ander politieke partye.

Die Tshwane-metro het die gemeenskap se eiendomsbelasting van sowat R6 000 tot R7 000 per maand, tot ’n onrealistiese R2 miljoen per maand verhoog – ’n bedrag wat die dorp, met ’n totale inkomste van sowat R1,5 miljoen, eenvoudig nie kan bekostig nie.

Kleinfontein is ten volle onafhanklik van die metro se munisipale dienste. Die gemeenskap bestuur sy eie watertoevoer deur 9 boorgate, verskaf krag via ’n sonkragstelsel met direkte aankope by Eskom en onderhou sy eie rioolsuiweringsaanleg.

Hierdie selfstandigheid bespaar die metro hulpbronne, maar die gemeenskap word steeds belas met onbillike tariewe wat geen dienslewering weerspieël nie.

Dannie de Beer, woordvoerder van Kleinfontein, beklemtoon dat die nedersetting se selfbestuur-model ’n voorbeeld is vir Suid-Afrika. Kleinfontein lewer selfs dienste buite sy grense en verdien eerder vergoeding vir hierdie bydrae.

Die VF Plus glo dat die film Tshwane-metro se swak bestuur blootlê en dat dit ʼn oproep is vir gedesentraliseerde, gemeenskapsgedrewe dienslewering.

Kry toegang tot die video hier: https://youtu.be/cMkCJVYYu_k

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.