Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien mosie van wantroue in teen Koukamma-speaker

Die VF Plus het gister (17 September) ʼn mosie van wantroue ingedien teen die speaker van die Koukamma-plaaslike munisipaliteit, mnr. Dudley Maasdorp, weens ongeoorloofde gedrag.

Hy het na bewering op 11 September tydens ʼn openbare vergadering op Joubertina, ʼn vuurwapen vertoon, inwoners met geweld gedreig en beledigende taal gebruik.

Luidens berigte, video-opnames en gemeenskapsverslae, het die voorval tot ʼn chaotiese straatgeveg gelei.

Maasdorp se optrede is onversoenbaar met die waardigheid, onpartydigheid en integriteit wat die amp van speaker vereis en oortree die gedragskode vir raadslede en die Munisipale Strukturewet wat hulle verplig om in goeie trou op te tree en intimidasie te vermy.

Sy optrede skaad ook die munisipaliteit se geloofwaardigheid.

Die VF Plus eis in sy mosie dat:

• Hy onmiddellike verwyder word onder artikel 40 van die Munisipale Strukturewet (wat toelaat dat die raad ‘n speaker onttrek met ‘n tweederde-meerderheid).
• Dissiplinêre aksie.
• ‘n Nuwe speaker se verkiesing om die raad se integriteit te herstel.

Koukamma se inwoners verdien ‘n speaker wat met respek en professionaliteit leiding bied en nie met dreigemente en intimidasie nie.

Die VF Plus doen ʼn beroep op alle politieke partye in die raad om beslissend op te tree om openbare vertroue te herstel en te beklemtoon dat geen amptenaar bo die wet verhewe is nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.