Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Inwoner betrap Mogale City-werknemer waar hy onwettig riool stort

’n Inwoner van Krugersdorp het op vanoggend ’n Mogale City-werknemer betrap waar hy onwettig riool uit ’n tenkwa in ’n stormwatersloot langs Windsorstraat in Luipaardsvlei stort.

Die inwoner, ’n plaaslike sakeman, het die VF Plus via Whatsapp in kennis gestel, waarna die party die toneel besoek het.

Plaaslike ondernemings het later aan die VF Plus gesê dat hierdie soort onwettige stortings gereeld voorkom.

Die VF Plus het onmiddellik die burgemeesterskomiteelid vir geïntegreerde omgewingsbestuur, Xolile Mkruquli, gekontak. Hy het die bestuurder van omgewingsbestuur opdrag gegee om die voorval te ondersoek en ’n volledige verslag aan hom en die departement voor te lê.

Die VF Plus sal die verslag bestudeer en indien daar nie dadelik teen die skuldige opgetree word nie, ’n strafregtelike saak by die polisie en die Groen Skerpioene aanhangig maak.

Die munisipaliteit moet ook die stormwatersloot onmiddellik skoonmaak om verdere omgewings- en gesondheidsrisiko’s te voorkom. Hierdie soort storting van riool in Mogale City is onaanvaarbaar.

Dit besoedel die omgewing, bedreig inwoners se gesondheid en weerspieël die munisipaliteit se geskiedenis van swak rioolbeheer.

Die VF Plus bedank die inwoner vir sy waaksaamheid en dring aan op ferm optrede om te voorkom dat dit weer gebeur.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.