Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien klag in by MRK rondom voortslepende rioolbesoedeling in Dipaleseng

Die VF Plus het gister (30 Julie) ’n klag teen die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) ingedien by die menseregtekommissie (MRK) oor voortslepende rioolbesoedeling.

Die party eis dat die besoedeling van die vleilande in die omgewing met daadwerklike optrede aangespreek word.

Die MRK moet as onafhanklike en toesighoudende liggaam optree aangesien Dipaleseng eenvoudig nie vertrou kan word om self met die rioolkrisis te handel nie.

Die Balfour-landdroshof het reeds op 15 November 2024 ‘n boete van R200 miljoen aan Dipaleseng opgelΓͺ vir die oortreding van die Nasionale Omgewingsbestuurswet (NEMA) en die Nasionale Waterwet.

Die munisipaliteit is skuldig bevind aan die storting van onbehandelde riool met gevaarlike vlakke van onder meer E. coli tussen Desember 2018 en Augustus 2023.

R40 miljoen van die boete is wel destyds opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat geen verdere oortredings van NEMA of die Waterwet gepleeg word nie, of ander misdade wat besoedeling insluit.

Die nasionale departement van water en sanitasie moet die boete verhaal en in oorleg met die munisipaliteit ’n plan in werking stel om toe te sien dat die rioolsuiweringsaanlegte operasioneel is.

Operasionele probleme by die rioolsuiweringsaanlegte is reeds jare lank aan die munisipaliteit bekend, maar die ANC-beheerde rade het dit doelbewus geΓ―gnoreer.

Die krisis in veral Balfour-Noord, waar riool ongehinderd in vleilande vloei, hou verband met die vervanging van die verouderde asbes-pypstelsel.

Volgens die burgemeester, me. Busi Khanye, beskik die munisipaliteit nie oor die finansiΓ«le vermoΓ« om die infrastruktuur self te vervang nie. Befondsing moet β€œvan buite” verkry word – ’n tydrowende proses.

Intussen het die party ’n dringende beroep gedoen op die munisipale bestuurder, mnr. Lwazi Cindi, en die burgemeester, me. Khanye, om die probleem onmiddellik met die departement op te neem.

Daar moet ’n deursigtige aksieplan ontwikkel word met duidelike tydlyne en meetbare uitkomste om die swak rioolinfrastruktuur te herstel.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen totdat daar werklike verandering plaasvind.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.