Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mangaung verval, maar stadsbestuurder kry 100% vir sy “prestasies”

Terwyl die Manguang-metro se verval vir almal sigbaar is en dienslewering hand oor hand verswak, het die stadsbestuurder, mnr. Sello Moore, 100% vir sy sleutelprestasie-aanwysers (KPI’s) behaal.

Dit blyk uit die jongste kwartaalverslag oor dienslewering en die begrotingsimplementeringsplan wat aan die metroraad voorgelê is.

Dit is ongelooflik dat ʼn hoof van ʼn metro, wat sigbaar wanfunksioneel is, as foutloos en uitstaande geëvalueer kan word.

Luidens die verslag is 67% van die metro se totale prestasies van “volledig effektief” tot uitsonderlik bogemiddeld” beoordeel.

Hierdie rooskleurige prentjie weerspieël geensins inwoners se daaglikse werklikheid van vervalle paaie, onbetroubare sanitasiedienste en vrot infrastruktuur nie.

Die verslag meld ook ’n sogenaamde 80%-invorderingskoers vir dienste gelewer, maar terselfdertyd beplan die metro om skuld van R2,8 miljard af te skryf.

Reaksiesyfers op diensversoeke word aangegee as 96,9% vir sanitasie en 87,3% vir waterverwante probleme. Dit is glad nie die ervaring van inwoners wat op gemeenskaps-WhatsApp-groepe kan getuig oor klagtes wat dikwels geïgnoreer word en herstelwerk wat maande lank sloer nie.

Die metro se groot probleem is verkeerde prioriteite. ‘n Voorbeeld is die R677 000 wat die metro aan tuinontwerp en grasperke rondom die Bram Fischer-gebou (wat maak die gebou so spesiaal) bestee het terwyl omliggende woonbuurte agteruitgaan en basiese dienslewering stilstaan.

Die stadsbestuurder se prestasiebeoordeling is duidelik ʼn geval van self-evaluering – jy skryf die toets, merk dit self en gee jouself volpunte.

Hierdie soort selfverheerliking is tekenend van die ANC wat tred met die werklikheid verloor het.

Die tyd het aangebreek om van die ANC in Manguang ontslae te raak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.