Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien klag in by MRK oor Mokopane-stortingsterrein

Die VF Plus-Limpopo het ‘n klag by die menseregtekommissie (MRK) en Groen Skerpioene ingedien oor die wanbestuur en vervalle toestand van die stortingsterrein in Mokopane (Potgietersrus).

Daar word ook gereeld brande gestig by die stortingsterrein weens swak toegangsbeheer. Die brandweer sukkel om die brande te blus aangesien hy nie meer as een keer per dag sy trokke by die reservoirs mag vul nie. Saans vlam die brande weer op en is die dorp gehul in ‘n rookmis.

Die stortingsterrein voldoen nie aan die minimumvereistes van die Afvalbestuurswet nie en hou ‘n ernstige gesondheids- en veiligheidsrisiko vir inwoners in.

Die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane/Potgietersrus) is deur Limpopo se departement van samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (CoGHTSA) onder administrasie geplaas weens finansiële wanbestuur, binnegevegte en wanadministrasie.

Die administrateurs van die munisipaliteit slaag egter nie daarin om dienslewering te verbeter nie en inwoners word daagliks gekonfronteer met watertekorte, verflenterde paaie, kragonderbrekings en vele meer.

Limpopo se eens pragtige dorpe is omskep in rommelhope van wanadministrasie en korrupsie en die VF Plus sal nie langer toekyk hoe getroue belastingbetalers se reg tot ordentlike dienslewering vertrap word nie. Belastingbetalers begin al hoe meer murmureer teen die betaling vir dienste wat hulle nie ontvang nie.

Navrae: 066 024 4623

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.