Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus daag Emfuleni-burgemeester uit om Town-substasie te besoek

Die VF Plus het die burgemeester van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, mnr. Sipho Radebe, uitgedaag om die Town-substasie, wat al vir meer as ses dae buite werking is, te besoek en inwoners wat daagliks daar saamdrom, se vrae te beantwoord.

ʼn Brand het op 18 Junie by die Town-substasie uitgebreek wat krag aan gebiede soos Bonanne, Bophelong en Stephanpark in Vanderbijlpark verskaf.

Dit is die vierde brand sedert 2018 by die substasie en die VF Plus het in 2018 en 2024 die dak in samewerking met ondernemings vervang.

Inwoners oorval daagliks die VF Plus-raadslid wat die substasie besoek, om meer inligting oor die herstelproses te verkry.

Sowat 192 benadeelde inwoners het Vrydagmiddag laat by die park in Goodyearstraat, Vanderbijlpark, bymekaar gekom om hul frustrasies uit te spreek en antwoorde te eis. Die munisipaliteit het belowe dat herstelwerk teen Sondagaand voltooi sal wees. Dit het nie gebeur nie.

Maandagaand het ʼn groep mense die VF Plus se raadslid gekonfronteer oor wanneer die krag herstel sal word. Die polisie moes ingryp om die skare te beheer.

Dit is onaanvaarbaar dat gemeenskapslede ʼn raadslid voor stok kry oor die volgehoue probleme by die substasie terwyl die burgemeester êrens skuil en geen poging aanwend om gemeenskapslede te woord te staan nie.

Die VF Plus het reeds ʼn klag ingedien by die munisipale bestuurder, April Ntuli, en geëis dat die substasie in so mate herstel word dat kragonderbrekings baie minder sal wees. Tot op hede is geen antwoord van die munisipale bestuurder ontvang nie.

Die party sal nie sy druk op die departement van energie laat vaar om te sorg dat die Town-substasie gou moontlik herstel word nie. Inwoners betaal ʼn duur prys weens die munisipaliteit wanbestuur word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.