Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni bevoordeel inwoners wat nie vir krag betaal

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se besluit om inwoners wat getrou hul kragrekeninge vereffen se konvensionele en voorafbetaalde kragmeters met slimkragmeters te vervang, is nie goed deurdink nie.

Die VF Plus is nie gekant teen die installering van slimmeters nie, maar is van mening dat wanbetalers eerste slimmeters moet kry.

Daar is ook nie ʼn openbare deelnameproses gevoer met geraakte inwoners van onder meer ‘n groot deel van die SE- ,SW-gebiede en Drie Riviere waarvoor 4 827 voorafbetaalde kragmeters geoormerk is nie.

Inwoners van dié gebiede betaal getrou hul kragrekeninge terwyl inwoners in ander gebiede hul kragrekeninge ignoreer, kragmeters omseil of krag steel.

Dit is juis in hierdie gebiede waar slimkragmeters geïnstalleer moet word om wanbetalers vas te vat en ʼn inkomste vir die munisipaliteit te genereer.

Die party het in ʼn brief aan die munisipale bestuurder, mnr. April Ntuli, die volgende vrae gerig:

• Waarom is daar geen voorafgaande kommunikasie met inwoners gevoer nie?
• Wat is die kontraktuele ooreenkoms tussen die Emfuleni-munisipaliteit en BXC-kontrakteurs en wie hou toesig oor hul werksaamhede?
• Waarom word gereelde betalers van slimmeters voorsien terwyl huishoudings wat geen meters het om hul kragverbruik te meet nie uitgesluit word?

Hierdie praktyke ondermyn nie net vertroue in die munisipaliteit nie, maar skep ook onnodige spanning in gemeenskappe wat reeds onder druk verkeer.

Die VF Plus doen ‘n beroep op Emfuleni om hierdie kwessie dringend te hersien, deursigtige kommunikasie te prioritiseer, en ‘n regverdige en inklusiewe proses te volg vir die uitrol van slimkragmeters.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.